Stichting Gelukskinders

Speeltuin geopen Dan Tloome primêr

Vir diegene wat alles nog kan byhou; Gelukskinders het in die afgelope jare gereeld die Dan Tloome skool in die kollig gehad, maar elke keer het daar iets tussengekom. In 2022 is daar fondse vir hierdie skool ingesamel, sodat ook hierdie skool speeltoestelle van Gelukskinders kan kry. Een glijbaan, ‘n wipwap, ‘n skommel en ‘n houte klimraam was daar. Net genoeg vir een klas om daar te speel. Sommige toestelle moes wel eers ‘n paar klein herstelwerkies ondergaan en ‘n vars laag verf kry.

Bestaande toerusting, herstel en geverf. Kyk weer goed.

Gelukskinders het daar twee Two Tower Gyms en drie skommels bygevoeg. Nou kan al drie die klasse gelyktydig gebruik maak van die speeltoestelle. Op die foto’s sien u ook op die grond geverfde speletjies. Daardie was daar al en sijn ‘n enorme inspirasiebron vir Gelukskinders om sulke dinge in die toekoms ook elders te implementeer.

Woensdag, 23 Oktober, was dit uiteindelik daar. Die kinders van die Dan Tloome skool was getuies van ‘n feestelike opening van hul nuwe speelpark. Ook hier baie gedissiplineerde kinders. Almal netjes op stoele in ‘n sirkel. Iets lekker om te eet en natuurlik vir almal ‘n drinkbeker. Daarna kon die kinders uiteindelik van hul nuwe speeltoestelle gebruik maak.. Weer eens ‘n plesierige dag vir almal wat betrokke is.

Wist u trouwens dat Gelukskinders instandhouding van al die speelparke waarborg? ‘n Enorme koste tans met soveel speelparke. Tog vind Gelukskinders dit uitermate belangrik. Generasies kinders kan blywend gebruik maak van die toestelle. Jolly Jungle Gym herstel indien nodig, Gelukskinders verf. Die materiaal is gesertifiseerde staal. Op hierdie manier gaan alles baie langer hou. Meeste van al staan Amira se naam op al die Gelukskinders speelparke. En dit staan vir kwaliteit. Ook op die lang termyn. Alle borge BEDANKT.


Share