Die direksie van Gelukskinders wens alle skenkers van Amira se stigting alle voorspoed toe vir 2025. Sonder jou gawes sou die fondasie nie gewees het waar dit vandag is nie. Dankie.
Net voor Kersfees is die kinders van Sarafina met iets besonders getrakteer. Verslag is gemaak deur mej Frieda Brand, raadslid en ma van Amira en Fincent: “Danksy een skenker wat spesifiek vir hierdie doel geskenk het, kon Gelukskinders die kinders in Sarafinapark in Kersgees trakteer met klein pryse drankies en lekkers. Op die 23ste Des. Dit het gewys hoe groot verskil selfs ‘n klein bedrag in die lewens van baie arm kinders kan maak. Dankie vir almal wat so ‘n verskil maak, elke keer as hulle skenk, in soveel kinders se lewens. Selfs groter kinders (byna volwassenes) wou saamspeel, want daar is niks om te doen as om hitte te verlig en byna geen bome nie. Die tradisie in die townships is om vir die kinders 1 stel nuwe klere vir Kersfees te gee en op Kersdag stap hulle in die strate kerk toe met die nuwe klere baie trots. Ek weet hoe moeilik dit is om hierdie tradisie in stand te hou wat geen kos of geen elektrisiteit sal beteken om dit te kan bekostig nie…” (einde van berig)
Gelukskinders sien uit na die tien jaar viering van die stigting asook Amira se 21ste verjaardag wat in April vanjaar plaasvind. Alle lede werk hard daaraan. Verder meer, die voortsetting van instandhouding sowel as progressief vorentoe beweeg in die uitbreiding van planne vir die toekoms. Voorspoedige 2025 almal!