Die stigting se tiende bestaansjaar sal stylvol gevier word met twee konserte en ’n groot netbaltoernooi. Die feit dat ons beskermvrou Amira ook in hierdie tydperk 21 word, is ‘n rede vir ‘n ekstra groot partytjie. ‘n Ten volle professionele konsert by die Atterbury Teater in Pretoria, ‘n klein professionele orkes en drie professionele operasangers wat die teater saam met Amira lewendig sal maak. Opnames sal van hierdie konsert gemaak word en sal mettertyd in die Gelukskinders webwinkel te koop wees.’n Semi-professionele konsert in Potchefstroom, waar talente van Potchefstroom en omgewing, op die gebied van musiek en vermaak, deeglik voorberei en afgerig deur Arjo Jans van Rensburgen, ’n gedugte konsert gaan uitvoer. Wil jy hierdie konserte regstreeks bywoon? Bespreek dan nou jou kaartjies!
5 April. Atterbury-teater Pretoria: https://www.seatme.co.za/tc-events/two-worlds-one-amira-concert/

6 April. Mierderpark konsert Potchefstroom: https://www.quicket.co.za/events/299108-music-go-round/#/

9 April. ’n Supergroot netbaltoernooi op die NWU-netbalbane in Potchstroom is die finale van die Gelukskinders-feesvieringe.

Meer as 500 kinders van die voorstede van Potchefstroom gaan deelneem. Almal dra uitrustings betaal deur Gelukskinders. Met die samewerking en volle toewyding van die NWU-netbalspan “ Eagles”, die provinsiale onderwysdepartement, die raad van Gelukskinders en hul werknemers, asook die skenkers wat Gelukskinders geborg het om hierdie skouspel van die grond af te kry. Die kinders self sal daardie dag vir niks wil hê nie. Tydens die voorbereidings is alle skoolspanne van balle voorsien, netbalpale is vervang of herstel en die speelvelde daar is (her)geverf. Bykomende opleiding vir hierdie kinders word verskaf deur die dames van de Eagles. As jy in die omgewing is, kom kyk gerus en geniet!