Dit wil sê die eerste van vier opeenvolgende aksies. Op 1 November 2024 vier Gelukskinders sy 10de bestaansjaar. Weens skooleksamens en dan die skoolvakansie in Suid-Afrika kan hierdie fees eers in Maart 2025 gevier word. Dit gaan ‘n groot partytjie wees. Twee konserte, ‘n yslike netbaltoernooi en ‘n speelgrond by die Buffelsvlei skool. Dit alles is nie goedkoop nie.
Geskatte koste is €40 000, dus ‘n promosie in vier fases. Begin met hierdie Kersaksie. Tydens hierdie eerste “Kersfees”-aksie hoop Gelukskinders dat die speelgrond in Buffelsvlei en die tweede konsert in die Miederpark-kerk in Potchefstroom realiseer kan word. Die oorskot gaan na die netbaltoernooi wat voortgaan tydens die “Paasaksie” fase. Elke aksie het ‘n doelwit van €10 000. Dit is stewige berge wat Gelukskinders hoop om te verower. Sal jy help om Amira se droom te bewaarheid? Klik dan hier en skenk: https://www.gelukskinders.org/shop/Christmas-action-2023-p606056287 Elke klein (en groot) bietjie help. Hier is ‘n kort video oor ywerige netbalspelers en die entoesiastiese skare. Aangeteken tydens die eerste Amira Gelukskinders-toernooi.
Daar sal pryse te wen wees tydens die promosies. As meer inkom as die teiken wat gestel is, beweeg dit aan na die volgende aksie. Dit sou iets wees as die einddoel reeds na 3 aksies bereik is. Gelukskinders kan dan verseker dat ‘n speelgrond teen 2026 by verskeie skole in Ikageng en omgewing aangebring sal word. Wie weet, dalk selfs weer ‘n openbare speelgrond.
Twee speelgronde is reeds vir 2024 gefinansier. Bright Beginnings en DanTloome sien reeds hierna uit. Hierdie promosie eindig op Oukersaand 24 Desember. Baie Dankie. Namens die direksie van die Gelukskinders Stigting