Hallo almal! Ek en my gesin was vandag op hierdie baie spesiale dag in Ikageng om paaseiers vir die kinders daar uit te deel sodat hulle hierdie dag ook kan onthou. Dit is vandag 'Goeie Vrydag' omdat ons in ons harte onthou dat Jesus Christus vir ons sondes gesterf het. Vandag voel ek hartseer omdat Hy Homself vir ons opgeoffer het. Maar aan die ander kant laat dit my spesiaal en geliefd voel. "Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore moet gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." Johannes 3:16 Om die glimlagte op die kinders se gesigte vandag te sien, het my laat besef hoe goed God se liefde vir al sy kinders is. Ek hoop almal het 'n wonderlike Paasnaweek saam met vriende en familie en onthou hoe geliefd ons regtig is. Baie liefde, Amira🐢🥚